‘Staatsgreep-planne’


http://www.sondag.co.za/artikels/Nuus/Staatsgreepplanne-

‘Staatsgreep-planne’


Hulle het haar gefire en valslik van “bedrog” beskuldig - nou wil die voormalige admin-tannie van die Leeuwag wraak neem en ALLES oor die regse groep ONTHUL!

Hendrika Erasmus sê sy was tot onlangs toe die “vloerlap” van die Leeuwag gewees - nou wil sy wraak neem deur alles oor die regses se beweerde “STAATSGREEP-PLANNE” te onthul!

Sondag het dié week vir Erasmus in die rokersafdeling van die Wimpy op Carolina in Mpumalanga ontmoet waar sy haar storie vertel het.

Volgens Erasmus is die Leeuwag ’n organisasie wat voorgee dat hulle boere in landelike gebiede wil beveilig.

“Maar dis net ’n front,” sê sy. Hulle wil die land terugneem.” Net die leier-struktuur weet van die presiese datum, maar wat ek wel weet, is dat dit êrens volgende jaar gaan gebeur,” sê Erasmus.

Sy sê: “Die vroue en kinders sal na ’n plaas naby Parys ontruim word, terwyl die mans ‘die job’ sal klaarmaak.”

Volgens Erasmus weet net die topstruktuur waar die spesifieke plaas is.  Sy sê: “Hulle is nou al besig om ’n infrastruktuur in plek te kry en mense op te lei.”

Sy beweer ook dat lede van die Leeuwag wapens aan haar wou voorsien sodat sy haarself kon beveilig. “Maar”, sê sy, “ek het geweier om die wapens te vat.”


No comments:

Post a Comment